VSA. – Die eienaar van TikTok, ByteDance, het ‘n ooreenkoms met ‘n groep beleggers, meestal Amerikaners, geteken om die VSA-toep deur ‘n nuwe groep te laat beheer.
Lees ook: TikTok kan steeds in VSA verban word
Die Amerikaanse TikTok-toep sal deur ‘n nuwe groep beheer word wat bestaan uit 50% Amerikaanse beleggers, 30% van ByteDance se bestaande beleggers en 19.9% ByteDance.
Dit volg nadat die VSA ‘n nuwe wet ingestel het dat die Amerikaanse TikTok-toep deur Amerikaners beheer moet word of in die land weens bekommernis oor “nasionale veiligheid” verban moet word.
Die finale ooreenkoms sal op 22 Januarie 2026 afgehandel word.
Bronne: BBC, CNN, The News International
Lees ook: TikTok kan steeds in VSA verban word
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: