Lees ook: TikTok blok toegang tot toep vir Amerikaanse gebruikers voor verbod ingestel is
VSA. – Amerikaanse gebruikers sal weer toegang tot TikTok hê na Donald Trump gesê het hy sal die wet wat die toep wil verban, uitstel sodat daar meer tyd is om ‘n ooreenkoms aan te gaan.
Hy het op sy sosialemediaplatform gesê hy sal vandag ‘n bevel gee om die instel van die wet uit te stel totdat ‘n ooreenkoms aangegaan kan word om Amerika se nasionale veiligheid te beskerm.
‘n Wet om TikTok te verban, is aanvaar ná die maatskappy wat die toep besit, ByteDance, geweier het om die toep aan ‘n Amerikaanse maatskappy te verkoop. Biden het gesê sy adminstrasie sal nie die wet toepas nie, maar toegang tot die app is Saterdagaand deur ByteDance gesluit.
Bronne: BBC, USA Today, Newsweek
Lees ook: TikTok blok toegang tot toep vir Amerikaanse gebruikers voor verbod ingestel is





