TLU SA Jongboer vir 2024 aangewys

Lees ook :

Foto: TLU SA

LIMPOPO. – Wian Süllwald (31) van Bela Bela (Warmbad) in die Waterberg area, is op 4 September as die Transvaalse Landbou-unie SA (TLU SA) se jongboer-kompetisiewenner aangewys.

TLU SA sê in ‘n verklaring Süllwald is tydens hulle SA-kongres by die WNNR as wenner in die gesogte kompetisie aangewys. Die jongboer en Irmarie, sy vrou, woon en boer die afgelope vier jaar aktief saam met sy pa en oom op die familieplaas. Süllwald se verantwoordelikhede behels onder meer daaglikse produksiebestuur. By RK Boerdery is varkproduksie met ‘n abattoir, vleisbeeste, perde en gewasse belangrike aspekte en Süllwald se fokus is op instandhouding van gesondheid en kwaliteitstandaarde.

Süllwald het ‘n boek van Lig in Duisternis Uitgewers ontvang en word vir ‘n jaar met die gebruik van ‘n bakkie deur Hatfield Motor Group geborg, en ontvang ‘n reis na Parys deur Manitou en kontantpryse van Santam.

“Süllwald en Irmarie, sy vrou, beskik oor hoë kwalifikasies in ekonomie en besigheidsbestuur, asook Astro Forex Training.”

Dié varkboer van Limpopo, wat kompeterend van aard is, sien veral na sy besoek aan die Manitou-fabriek in Frankryk uit, wat sy vrou danksy die prysgeld saam met hom kan meemaak.

Dit is die eerste keer wat ‘n varkboer die kompetisie wen. Süllwald gee erkenning aan sy pa en oom en sê hy is ‘n produk van hulle handewerk.

“Raak betrokke by georganiseerde landbou en reik uit na kundiges. Boerdery gaan vandag oor meer as net die praktiese aspekte daarvan. Leer by ouer of medeboere en maak ‘n verskil waar jy kan,” is Süllwald se raad aan ander jong boere. Hy wil ‘n belangrike bydrae lewer om die kundigheid van landbou oor te dra.

Bron: Persverklaring TLU SA

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App