MPUMALANGA. – Hennie Mabasa (36), ‘n lid van die Tswhane-metropolisie (TMPD), het Vrydag op ‘n aanklag van kaping in die Delmas-landdroshof verskyn.
Lt.kol. Jabu Ndubane sĆŖ die beweerde kaping het op 15 Januarie in Sundra plaasgevind. Na bewering het die gewapende bestuurder en nog ‘n lid van ‘n koeriermaatskappy omstreeks 02:00 twee maatskappyvragmotors in ‘n bakkie op die N12 begelei. ‘n VW Golf 7 met ‘n sirene en flitsende blou ligte op die paneelbord het van agter gekom en die bakkie forseer om te stop. Die bestuurder van die bakkie is deur vier persone, onder wie ‘n vrou in ‘n metropolisie-uniform, genader en vir ‘n bestuurderslisensie gevra.
Nadat die bestuurder se vuurwapen opgemerk is, is ook vir die vuurwapenlisensie van die bestuurder en ander insittende gevra. Beide is ontwapen en beveel om voor die Golf op die grond te lĆŖ. Daarna is die bestuurder na die Golf geneem en met hom rondgery, voordat hy in Nelstraat afgelaai is. Die ander personeellid is in die bakkie aangehou en later langs die R42 afgelaai. Hy kon daarin slaag om sy werkgewer te kontak, wat die Golf, wat in modder vasgesit het, opgemerk het. Veiligheidsmaatskappye is vir hulp ontbied.
Ndubane sĆŖ die verdagte in die Golf het eers gesĆŖ hy is verdwaal en daarna dat hy gekaap is. Hy het glo vir ‘n polisievoertuig probeer vlug, maar is aangekeer.
Daar word nog na die ander verdagtes gesoek. Gesteelde items uit die bakkie, sowel as ‘n geweer met 30 rondtes en ‘n pistool met 15 rondtes, is nog nie opgespoor nie.
Die saak is vir formele borgaansoek tot 23 Januarie uitgestel. Die metrobeampte bly in aanhouding.
“Ons het hard gewerk om rooftogte te hanteer wat die gebruik van blou ligte behels. Ons het kommerwekkende voorvalle gehad waar motors van koeriermaatskappye en toeriste deur onbekende verdagtes met soortgelyke modus operandi van hul besittings beroof is. Ons vertrou dat onopgeloste sake deur hierdie arrestasie opgelos sal word,” sĆŖ maj. genl. (dr.) Zeph Mkhwanazi.