Brekende Nuus
Afrikaans

Toergids gered, nog drie mans in nog voorvalle deur riviere meegesleur

'n Toergids is Vrydagoggend uit 'n rivier gered en nog drie mans wat in aparte voorvalle meegesleur is word nog gesoek.

Toergids gered, nog drie mans vermis toe rivier hulle meesleur
Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Toergids (56) is Vrydag omstreeks 11:00 uit die Komatirivier in Komatipoort gered. Drie mans is Donderdag in nog twee aparte voorvalle deur riviere meegesleur.

Volgens brig. Selvy Mohlala was die toergids Donderdagaand omstreeks 20:00 op pad om gaste wat hy van Suid-Afrika na Mosambiek moes neem, op te laai. Hy het oor ‘n laagwaterbrug gery toe die voertuig deur water meegesleur is. Terwyl die voertuig steeds in die rivier vasgesit het, kon polisieduikers van die provinsie saam met die weermag werk om die man met ‘n weermaghelikopter te red.

Tydens nog ‘n voorval het twee onbekende mans Donderdag omstreeks 13:00 probeer om dieselfde laagwaterbrug oor te steek toe die water hulle wegspoel. ‘n Soektog deur polisieduikers het nog niks opgelewer nie.

Mohlala sê in nog ‘n voorval in Kanyamazane het ‘n man Donderdag tydens ‘n argument tuis ‘n rivier ingehardloop. Hy is nog nie gevind nie.

Bron: SAPD