Toeris sterf nadat sy in kamp wegdwaal en olifante teëkom

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Vroulike bejaarde toeris by die Sirheni-boskamp in die Kruger Nasionale Park het Saterdag gesterf toe sy van haar eenheid afgedwaal en ‘n trop olifante naby die kamp teëgekom het.

JP Louw van SANParke sê die insident word deur die polisie ondersoek. Uit respek vir die familie van die oorledene en om nakoming van protokol te verseker, sal SANParke nie verder kommentaar lewer totdat die ondersoek gefinaliseer is nie. Louw sê die polisie sal inligting voorsien indien die ondersoek afgehandel is.

“SANParkeraad en -bestuur betuig hul innige meegevoel aan die familie en vriende van die oorledene met die verlies van hul geliefde.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief