Brekende Nuus
Afrikaans

Toeris sterf toe olifant hom vertrap

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Toeris het Saterdag in die Kruger Nasionale Park gesterf toe hy naby die Malelane-hek deur ‘n olifant vertrap is.

JP Louw en Ike Phaahla van SANParke sê in ‘n verklaring beamptes was op die toneel en het die familie ondersteun. Die publiek word weens die sensitiwiteit van die insident gemaan om nie foto’s of video’s daarvan op sosiale media te deel nie.

Meer inligting sal binnekort vrygestel word. Die SANParke-raad en -bestuur het medelye teenoor die familie en vriende van die toeris uitgespreek.

https://web.facebook.com/share/p/1EvMSyFHfz