Toetsbeamptes en bestuurskooleienaars op aanklag van bedrog en korrupsie vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Altesaam 14 verdagtes is Maandag in Sabie, Graskop, Lydenburg en Verena in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, korrupsie en die oortreding van die nasionale padverkeerswet.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder vir die Valke, het bevestig dat die verdagtes, tussen die ouderdom van 34 en 59, tydens ‘n gesamentlike intelligensie-operasie vasgetrek is.

Die operasie spruit uit ‘n ondersoekprojek, genaamd Kwanele, wat in 2021 deur Misdaadintelligensie geregistreer is. Sekgotodi verduidelik: “Korrupte amptenare en bestuurskooloperateurs het bestuurderslisensies uitgereik sonder dat enige behoorlike toetse gedoen is, in ruil vir groot bedrae geld.”

Sekgotodi sê ‘n lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik en Maandag gelyktydig by verskeie toetsstasies uitgevoer.

“Die verdagtes is gearresteer, sommige is aangekla en vir eerste keer hof toe geneem, terwyl ander in aanhouding is en Dinsdag in die hof verskyn.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief