SUID-AFRIKA. – Die onlangse Light Stone-verslag het die top 10-dorpe in die Wes-Kaap uitgewys waarheen die meeste mense in 2023 getrek het.
Die top 10 is as volg:
1. Mosselbaai
2. George
3. Knysna
4. St. Helenabaai
5. Grootbrakrivier
6. Hermanus
7. Langebaan
8. Plettenbergbaai
9. Stellenbosch
10. Stilbaai
Verskeie redes word vir die groot “semigrasie” na veral die Wes-Kaap aangevoer. Meer aanlynwerksgeleenthede en die soeke na ’n hoër lewenstandaard is bo aan die lys.
’n Totaal van 6 404 huishoudings het na die Wes-Kaap verskuif. Altesaam 1 034 huishoudings het na KwaZulu-Natal getrek en 1 971 na Gauteng.
Bronne: Light Stone, Property.co.za, Business Tech





