WES-KAAP en GAUTENG. – Tiaan Bierman (18), wat met agt onderskeidings aan Hoërskool Durbanville gematrikuleer het, het in Oktober 2024 ‘n breinoperasie ondergaan en was selfs in ‘n geïnduseerde koma geplaas. Hy begin binnekort met sy mediese studie aan die Universiteit van Pretoria (UP).
Bierman wil met sy loopbaan iets teruggee, net soos hy self in die verlede mediese sorg ontvang het. Sy onderskeidings sluit 92% vir wiskunde, 88% vir rekenmeesterskap, 84% vir ekonomie, 85% vir inligtingstegnologie en 90% vir natuurwetenskappe, in. Dit plaas hom in die land se topmatriekklas van 2025, alhoewel hy nie met al sy punte tevrede was nie. Die vasberade jong man sê sy mediese ondervinding het ’n groot impak op sy skoolervaring gehad. Alhoewel dit moeilik was, het hy nie opgegee nie.
Die voornemende medikus het geweet dat hy by die UP-universiteit as student aanvaar is, nog voordat hy sy punte gesien het. Hy beskryf die kampus as die netjiesste kampus wat hy nog gesien het.
Druk hier om meer te lees.
Bron: Luthando Maphanga, Universiteit van Pretoria





