TEXAS, VSA. – ’n Union Pacific-trein het Dinsdag in Texas ontspoor met 35 trokke wat oor ’n spoorwegbrug naby Gordon van die spoor af gegaan het.
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor
Noodhulpspanne, insluitend personeel van Union Pacific en die Palo Pinto-brandweerdepartement, was op die toneel om seker te maak niks het gelek nie. Daar was kommer omdat die trein gevaarlike materiaal vervoer het, maar dit is nie bekend wat die materiaal was nie.
Geen beserings is aangemeld nie en niemand was vermis nie. Owerhede het gesê die skoonmaakoperasie sal ’n paar dae neem.
Union Pacific het gesê die voorval word ondersoek.
Bronne: The Independent, US News, USA Today
Lees ook: Drie dood en verskeie beseer ná trein in Duitsland ontspoor





