CATO RIDGE, KZN. – Twee goederetreine het Vrydagmiddag tussen Hammersdale en Cato Ridge ontspoor nadat hulle op dieselfde treinspoor beland het.
Die treine was in beweging toe van hulle wa’s gebots het. Volgens Arrive Alive is die voorlopige oorsaak van die ongeluk onvoldoende kommunikasie tussen seintegnici. Een van die treine het op die tweede spoorlyn oorgegaan terwyl dit op die eerste spoorlyn moes bly.
Die opruimingswerk behoort teen Sondag voltooi te wees.
Bron: Arrive Alive





