Tremongeluk by Universal Studios-temapark beseer 15

Lees ook :

Trem-ongeluk by Universal Studios temapark laat 15 beseer. Foto: KTLA

KALIFORNIË, VSA. – Sowat 15 mense is Saterdagaand tydens ’n tremongeluk by Universal Studios in Kalifornië beseer.

’n Trem wat besoekers op ’n toer deur die studio geneem het, het glo weens meganiese redes onklaar geraak en teen ’n reling gebots. Verskeie mense het uit die trem geval, terwyl een kritieke beserings opgedoen het.

Volgens Studio City Park het die meeste besoekers geringe beserings opgedoen en is ’n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk begin.

Bronne: CNN, USA Today, BBC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief