UPINGTON, NOORD-KAAP. – ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek na ’n vrou (28) vanoggend om 06:55 tydens ’n ongeluk in Keimoesweg op Upington noodlottig beseer is.
Volgens Upington SAPD het ’n VW Polo en ’n Nissan Qashqai naby die Sandile Present-biblioteek van voor teen mekaar gebots. Die slagoffer het in die Polo gereis.
Die bestuurder van die ander voertuig en ses kinders tussen die ouderdom van drie en 16 is na die naaste hospitaal vervoer. Hulle het geringe tot ernstige beserings opgedoen.
Bronne: SAPD, Gemsbok





