OOS-KAAP. – Kakuhle Mpongoma (39), ‘n tronkbewaarder van die Wellington Korrektiewe Sentrum, het Dinsdag op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Mthatha-landdroshof verskyn.
Luxolo Tyali, woordvoerder van die NVG, sê Mpongoma het na bewering sy meisie meer as 25 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek en haar huiswerker aangerand. Die meisie is tans in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal en kan nie kommunikeer nie. Die seun (9) van Mpongoma en sy meisie het na bewering verlede naweek die misdade aanskou.
Tyali sê die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 11 Maart uitgestel. Die staat gaan die aansoek teenstaan.





