Tronkstraf vir ma wat kind oor ‘drankgeld’ aanrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (28) wat haar kind (11) in November 2023 geslaan het omdat sy haar beskuldig het dat sy haar drankgeld gesteel het, is vir 10 jaar direk deur die Virginia-streekshof tronk toe gestuur.

Sers. Mahlomola Kareli sê die kind het die betrokke aand by haar oupa se kamer ingestorm en gesê haar ma het haar met ‘n stok en gordel geslaan. Die ma het haar beskuldig dat sy haar drankgeld (shebeen money) gesteel het, nadat sy die kind alleen gelaat het om drank en sigarette aan klante te verkoop.

Die oupa, die ma se stiefpa, het die kind vir pynmedikasie na die plaaseienaar geneem, maar as gevolg van die erge beserings het hulle besluit om haar eerder polisie en hospitaal toe te neem.

Virgina-polisie het ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer geregistreer en die saak is deur sers. Moleboheng Molee van Thabong-GKS ondersoek. In konsultasie met Marelize Nel, die aanklaer, is die ma in hegtenis geneem. Sy is skuldig bevind en gevonnis.

Die jong meisie is in die sorg van haar grootouers gelos.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief