Tropiese storm bring dalk vir SA reën

Lees ook :

Tropiese storm bring dalk vir SA reën. Foto: Cyclocane

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n kennisgewing uitgereik oor die tropiese storm wat tans in die Mosambiekse kanaal heers. Die storm kan in ’n tropiese sikloon ontwikkel en moontlik vir die noorde van KZN, Limpopo en Mpumalanga ligte reën en winderige weer beteken.

Verlede week het dieselfde storm erge donderstorms aan die ooskus van Madagaskar veroorsaak. Satellietbeelde dui aan die storm beweeg in ’n suidwestelike rigting.

Volgens RSMC La Reunion is die grootste risikogebiede die suidkus van Mosambiek, aangesien die storm teen Dinsdag direk daaroor sal beweeg.

Voorspellings wys die storm sal Woensdag weer ooswaarts weg van die Mosambiekse kus beweeg nadat dit energie oor die land verloor het.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens sal hulle voorspellings opdateer sodra die storm naderkom.

Bronne: SAWS, Cyclocane, RSMC La Reunion

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief