Die toesigkomitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het die wetsontwerp om die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika te hersien, goedgekeur.
Lees ook: Presidensie waarsku DA oor ‘waninligting’ ná bewering oor Jonas Mcebisi se visum
Die wet sal die Trump-adminstrasie toelaat om sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering en ANC-beamptes in te stel.
Ronny Jackson, ’n Republikein, het die wetsontwerp in April voorgelê. Hy het die goedkeuring op sosiale media gevier en gesê: “My wet sal president Trump die nodige gereedskap gee om hulle (Suid-Afrika) se korrupte regering verantwoordelik te hou. Die dae dat ons sogenaamde vennote toelaat om oor ons te loop, is verby!”
Die ANC se adjunksekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, het gesê die party sal “beskerm wie ons is, wat ons wil doen en waarvoor ons staan as ’n land.” Sy het gesê: “Ons hoor daar is ’n goeie ondersteuning aangaande sanksies, maar deur ons stryd weet ons ons leiers en lede van die vryheidsbeweging moes opofferings maak. Selfs in hierdie tyd sal ons aanhou om die prys te betaal vir die opstaan vir geregtigheid, menslikheid, gelykheid en respek vir die wet”.
AfriForum se Ernst van Zyl het gesê die “teiken van politici is ’n welkome ontwikkeling” en dat “AfriForum volhou gewone burgers van die land moenie gestraf word vir die ekstremisme en korrupsie van die politici nie”.
Bronne: The South African, The Citizen, SABC
Lees ook: Presidensie waarsku DA oor ‘waninligting’ ná bewering oor Jonas Mcebisi se visum





