Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat

Lees ook :

Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat fotokrediet: X

VSA. – ‘n Bondgenoot van Donald Trump en konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk (31), is gister by die Utah Valley-universiteit doodgeskiet sekondes nadat hy deur ‘n gehoorlid oor vuurwapengeweld uitgevra is.

Lees ook: Suid-Afrika veroordeel Israel se aanval op Katar

Kirk was besig om ‘n vraag te antwoord oor hoeveel voorvalle van massaskietery daar in die laaste paar jaar in die VSA was toe hy in die nek geskiet is. Owerhede het gesê die skoot is afgevuur vanaf die dak van ‘n gebou sowat 200 m van die spreker af.

Kirk is na ‘n hospitaal geneem waar hy later dood verklaar is.

Die polisie is op soek na die verdagtes en is besig om van deur tot deur te gaan op soek na die skieter. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en vrygelaat nadat dit bevind is hulle het geen verband met die skietery nie.

Bronne: BBC, The Independent, Euronews

Lees ook: Suid-Afrika veroordeel Israel se aanval op Katar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief