VSA. – Donald Trump se administrasie het vyf mense wat as “kriminele onwettige migrante” beskryf is na Eswatini deporteer. Die migrante is van Viëtnam, Jamaika, Laos, Kuba en Jemen.
Lees ook: Donald Trump wil hê ‘geloofwaardige’ Epstein-inligting moet vrygestel word
Volgens die Amerikaanse departement van binnelandse veiligheid is “die kriminele onwettige migrante so ongewoon barbaars dat hulle tuislande geweier het om hulle terug te vat”. Die departement het gesê hulle is skuldig bevind aan gewelddadige misdrywe, insluitend kinderverkragting en moord.
Volgens die Eswatini-regeringswoordvoerder, Thabile Mdluli, is die migrante in die “korrektiewe fasiliteite in geïsoleerde eenhede waar soortgelyke misdadigers aangehou word. Die versekering word gegee dat hierdie gevangenes geen dreigement vir die land of die burgers inhou nie”. Mdluli het gesê Eswatini en die VSA sal met die Verenigde Nasies se immigrasie-agentskap werk om die gevangenes na hulle tuislande terug te stuur.
Bronne: BBC, SABC News, The Standard
Lees ook: Donald Trump wil hê ‘geloofwaardige’ Epstein-inligting moet vrygestel word





