WASHINGTON, VSA. – Lede van die Amerikaanse nasionale wag sal na Washington in opdrag van die president, Donald Trump, ontplooi word. Die troepe sal die polisie ondersteun om “gewelddadige misdaad“ in die stad hok te slaan.
Lees ook: Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem
Owerhede het gesê sowat 800 troepe van die nasionale wag, asook 500 federale beamptes, sal na Washington gestuur word.
Trump het ook gedreig om dieselfde stappe te neem teen New York en Chicago, nog twee stede wat deur die Demokrate beheer word.
Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het gister gesê hawelose mense sal die keuse gegee word om na ’n skuiling te gaan of tronkstraf of ’n boete opgelê word as hulle weier. Leavitt het gesê dis deel van Trump se plan om die wet af te dwing wat reeds in Washington bestaan.
Leavitt het verder gesê: “Terwyl ons misdadigers teiken en probeer om misdadigers van die straat af te kry, wil ons ook Washington veilig en mooi maak. Dit sluit in om geestelikversteurde mense en hawelose mense te verwyder. Dus gaan ons die regulasies gebruik wat reeds bestaan om ons strate skoon te maak”.
Bronne: BBC, New York Post, Daily Mail
Lees ook: Donald Trump stuur nasionale wag na Washington, gaan polisie oorneem