WES-KAAP. – Die Gesamentlike taakspan vir bobbejaanbestuur vir die Kaapse Skiereiland (CPBMJTT), wat SanParke, Cape Nature en die Stad Kaapstad insluit, het aangekondig dat die onafhanklike kundigheidspaneel se hersiening van die voorgestelde aksieplan vir bobbejaanbestuur nou beskikbaar is by https://baboons.org.za.
Die plan, wat deel vorm van die Kaapse Skiereiland se bobbejaanbestuursplan, is deur kundiges geëvalueer oor aspekte soos die verwydering van vier stedelike troppe, die beperking van nuwe troppe, die vermindering van afskrikmetodes, ’n noordelike heining, voorbehoedproewe en moontlike stedelike wildwetgewing.
Volgens die CPBMJTT is geen finale besluite nog geneem nie. Die volgende stap is om die bevindinge met die Kaapse Skiereiland Bobbejaanadviesgroep (CPBAG) te bespreek. Inwoners kan by WhatsApp-groepe vir hul gebiede aansluit vir die nuutste oor tropbewegings.
Druk hier om meer te lees.

