INTERNASIONAAL. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het skerp kritiek ontlok nadat hy gesê het hy glo iemand met leeruitdagings behoort nie president te wees nie.
Volgens die BBC het Trump sy aanvalle op Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, ‘n potensiële kandidaat vir die Wit Huis, na wie hy as “Newscum” verwys, voortgesit en hom as “dom” beskryf, terwyl hy ook gespot het oor Newsom se disleksie. Newsom het teruggekap en Trump ’n “breindood moroon” genoem.
Die National Center for Learning Disabilities het die opmerkings van die president sterk veroordeel en gesê dit is ontstellend.
Disleksie, ’n toestand wat die brein se verwerking van geskrewe taal beïnvloed, raak volgens kenners tot een uit elke vyf Amerikaners.
Trump en Newsom bots al jare oor verskeie kwessies, maar ontleders meen die jongste uitlatings dui op ’n verdere verslegting in hul reeds gespanne verhouding.
Bronne: BBC, CNN





