VSA. – Donald Trump, Amerikaanse president, het aangekondig ‘n ooreenkoms is tussen die VSA en China aangegaan om TikTok in die VSA aan die gang te hou.
Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA
Die sperdatum vir ‘n ooreenkoms is daarna tot 16 Desember 2025 uitgestel. Volgens Trump sal ‘n koper vir die Amerikaanse bedrywighede van TikTok dan aangekondig word.
China en Amerika het ingestem oor ‘n raamwerk wat die Amerikaanse TikTok-bedrywighede onder die beheer van ‘n Amerikaanse konsortium plaas wat glo 80% van ‘n nuwe maatskappy sal besit om die toep te beheer. Volgens die Wall Street Journal sal Amerikaanse TikTok-gebruikers na ‘n nuwe toep geskuif word met ‘n nuwe weergawe van die algoritme.
Trump het gesê die ooreenkoms sal Vrydag met die Chinese president Xi bevestig word. TikTok word deur die Chinees gesetelde internetmaatskappy ByteDance besit.
Bronne: BBC, The Independent, CBC
Lees ook: TikTok vir nog 75 dae veilig in VSA





