Volgens die Sitruskwekersvereniging kan die 30%-tarief wat Donald Trump op Suid-Afrika ingestel het, wat van vandag af geld, 35 000 arbeiders in die sitrusbedryf hulle werk kos.
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in
Die vereniging het ’n beroep gedoen op die Suid-Afrikaanse regering om onmiddellike onderhandelinge met die VSA oor tariefvermindering of uitsonderings op sitrus aan te gaan.
Volgens die groep maak baie gemeenskappe in die Wes-Kaap en Noord-Kaap staat op uitvoere na die VSA en die tariewe kan veroorsaak dat mense hulle werk verloor of selfs tot ’n totale ekonomiese ineenstorting lei.
Die groep het gesê 35 000 werksgeleenthede is verbind aan die SA-VSA-sitrusuitvoere en die 30%-tarief sal Suid-Afrika se sitrus onkompeterend maak wanneer daar slegs ’n 10%-tarief is op Suid-Afrika se sitrusmededingers, wat meestal in Suid-Amerika is.
Bron: Sitruskwekersvereniging
Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in





