VSA. – Die Amerikaanse president Donald Trump het voorgestel dat TV-netwerke wat teen hom gekant is “dalk” hulle lisensies moet verloor.
Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier
Dit volg nadat druk van sy administrasie veroorsaak het dat Jimmy Kimmel deur die ABC-netwerk geskors word nadat hy gesuggereer het Charlie Kirk se moordenaar is ‘n Trump-ondersteuner. Kimmel het gesê “die MAGA-bende” het probeer om Kirk se moordenaar “as enigiets anders as een van hulle uit te beeld en doen alles wat hulle kan om politieke munt daaruit te slaan”. Hy het gesê Trump se reaksie op Kirk se dood is “hoe ‘n 4-jarige oor ‘n goudvis rou” en hy het die aanval veroordeel en sy “liefde” aan die Kirk-familie gestuur.
Kimmel se skorsing is kort daarna aangekondig met ABC wat gesê het sy aanmerkings was “aanstootlik en onsensitief”.
Trump het gesê die netwerke wat teen hom is “gee my net slegte publisiteit. Ek bedoel hulle kry ‘n lisensie. Ek dink dalk moet hulle lisensie weggevat word”.
Bronne: BBC, USA Today, CBS News
Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier




