Tshwane-polisiedistrik vernietig groot hoeveelheid drank

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Altesaam 6 431.95 liters onwettige drank, waarop die polisie beslag gelê het, is Woensdag deur die polisie by die Tshwane Metro Waterwerke in Pretoria-Sentraal vernietig. Dis uitgevoer onder bevel van die distrikskommissaris, genl.maj. Samuel Thine, en onder toesig van brig. Kushie Pietersen, stasiebevelvoerder van Brooklyn SAPD.

Kapt. Johan van Dyk sê daar is die afgelope jaar met verskeie wetstoepassingsoperasies, insluitend drankwetgewing-nakominginspeksies, geteikende klopjagte, hoëdigtheid-operasies en Operasie Shanela by al 36 polisiestasies in die distrik op die drank beslag gelê. Die drank is hoofsaaklik weens oortredings van die drankwet, soos handeldryf sonder geldige lisensies of die bedryf van ongemagtigde verkooppunte, gekonfiskeer. Tshwane-distrik se polisie handhaaf ’n zero-toleransie-benadering teenoor nie-nakoming van die drankwet. Die misbruik en onwettige verspreiding van alkohol bly ’n belangrike bydraer tot verskeie maatskaplike uitdagings, insluitend openbare wanorde, huishoudelike geweld, aanranding en ander kontakmisdade. Alkoholmisbruik hou dikwels verband met sosio-ekonomiese onsekerheid, wat ’n bykomende las op gesondheidsdienste, polisietoerusting en gemeenskapsveiligheid plaas.

Van Dyk verduidelik voorts deur onwettige drank te verwyder en die regulatoriese nakoming af te dwing, wend die polisie ‘n poging aan om die skadelike gevolge van alkoholmisbruik te verminder en orde in gemeenskappe te herstel. Hierdie benadering ondersteun breër misdaadvoorkomingspogings en dra by tot veiliger en meer verantwoordelike omgewings vir alle inwoners.

Thine het ’n ernstige waarskuwing aan drankhandelaars en restauranteienaars gerig om volle nakoming van hul dranklisensie-voorwaardes te verseker: “Ons sal nie huiwer om teen dié wat die wet oortree, op te tree nie. Deur oortreding sal ondernemings deur boetes, sluiting en die konfiskering van alle alkohol op die perseel in die gesig gestaar word.”

Van Dyk bevestig wetstoepassingspogings om die verkoop en verspreiding van alkohol te reguleer, sal in die Tshwane-distrik, in lyn met SAPD se verbintenis tot die bou van veiliger gemeenskappe, voortgaan.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief