TSJAD. – Die regering van Tsjad het aangekondig dat alle visums wat aan Amerikaanse burgers uitgereik is, opgeskort gaan word ná die VSA se besluit om burgers van dié land te verbied om na die VSA te reis.
Lees ook: Trump verbied inwoners van 12 lande om na VSA te reis
Die president van Tsjad, Mahamat Idriss Déby Itno, het gesê dié verbod is onregverdig en diskriminerend.
Hy het op Facebook gesê, “Ek het die regering beveel om die uitgee van visums aan Amerikaanse burgers op te skort met die beginsels van wederkerigheid in gedagte”. Hy het bygevoeg: “Tsjad het geen vliegtuie om aan te bied nie, ons het nie miljarde dollars om te gee nie, maar ons het ons trots en waardigheid”.
Trump het burgers van Afghanistan, Mianmar, Tsjad, die Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Haïti, Iran, Libië, Somalië, Soedan en Jemen verbied om na die VSA te reis.
Bronne: Business Insider Africa, Arise News, Standard Media
Lees ook: Trump verbied inwoners van 12 lande om na VSA te reis