Tsoenami-waarskuwings afgeskaal in sommige gebiede

Lees ook :

Tsoenami-waarskuwings afgeskaal in sommige gebiede fotokrediet: Canva

INTERNASIONAAL. – Verskeie tsoenami-waarskuwings is afgeskaal ná vanoggend se aardbewing met ‘n sterkte van 8.8 op die Richterskaal.

Lees ook: Nog tsoenami-waarskuwings uitgereik

Die Pacific Tsunami Warning Centre het die waarskuwing vir Hawaii afgeskaal met waarskuwings oor sterk golwe, getye en oorstromings, maar geen groot tsoenami word verwag nie.

Die waarskuwings vir Guam, Rota, Tinian en Saipan is gekanselleer, met geen verdere bedreiging deur ‘n tsoenami vir die gebiede nie.

Die Filippyne se tsoenami-waarskuwings is deur die land se departement van tegnologie en wetenskap gekanselleer.

Japan het die waarskuwing vir ‘n tsoenami vanaf Kanto tot Wakayama afgradeer, maar die hoërvlak waarskuwing geld steeds vir dele van Hokkaido en Tohoku.

Tsoenami-golwe is besig om te bou langs dele van die Kaliforniese kus met golwe wat tot 1.09 m bereik het.

Franse Polinesiese owerhede het die voorspelling vir die maksimum golfhoogte vir Nuku Hiva-eiland tot 4 meter verhoog.

Ander eilande naby Nuka Hiva kan deinings tussen 0.6 m en 0.9 m verwag.

Inwoners in Chocó en Nariño aan die ooskus van Colombië is beveel om te ontruim.

Dit is moontlik dat die tsoenami-golwe en waarskuwings tot minstens môre sal voortduur.

Bronne: BBC, News18, The Independent

Lees ook: Nog tsoenami-waarskuwings uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief