INTERNASIONAAL. – Twee Amerikaanse vlootvliegtuie van dieselfde skip het gister binne 30 minute van mekaar in aparte voorvalle in die see in Suid-China see neergestort.
Lees ook: Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame
Die twee vliegtuie het roetine-operasies oor die see uitgevoer. Die MH-60R Sea Hawk het eerste in die see beland. Al drie bemanningslede is veilig gered.
Net 30 minute later het ‘n F/A-18F Super Hornet-vegvliegtuig ook in die see neergestort. Die twee bemanningslede kon ontruim word en is veilig gevind.
Beide voorvalle word ondersoek.
Bronne: The Independent, ABC News, Business Insider
Lees ook: Egipte en Rooikruis sluit aan by soektog na gyselaars se liggame





