KWAZULU-NATAL. – Twee insittendes van ‘n ligte vliegtuig is beseer toe dit kort gelede naby Beachwood-gholfbaan net voor die Virginia-lughawe, noord van Durban, in bome vasgevlieg het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is omstreeks 09:30 na die toneel ná oproepe van ‘n vliegtuigongeluk ontvang is. Die Ethekweni-brandweer was op die toneel. Paramedici is ingelig twee individue is reeds na mediese fasiliteite vervoer.
Jamieson bevestig polisielede het die ongelukstoneel afgekordon, sodat owerhede die ongeluk kan ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





