Twee dood aan a-pokke in Kameroen

Lees ook :

Twee dood aan a-pokke in Kameroen
Twee dood aan a-pokke in Kameroen fotokrediet: Canva

Lees ook: Nigerië het 67 gevalle van a-pokke

KAMEROEN. – Kameroen se gesondheidsminister het bekendgemaak twee mense is aan a-pokke oorlede sedert April. Tans het die land ses positiewe gevalle en nog 40 vermoedelike gevalle.

Die gesondheidsministerie het gesê hulle het nog nie die nuwe gevaarliker klade 1b-variant opgemerk nie.

Tot dusver is 796 gevalle in Burundi, 162 in Kongo-Brazzaville, 45 in die Sentraal-Afrika-republiek en 25 in Suid-Afrika aangemeld. Sedert Januarie vanjaar was daar al sowat 22 000 gevalle van die virussiekte wêreldwyd en 716 is oorlede.

Bronne: IOL, Times of India, Medical Xpress

Lees ook: Nigerië het 67 gevalle van a-pokke

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief