LAS VEGAS, VSA. – Twee mense is dood nadat ’n verdagte, wat aan die polisie bekend is, naby die Bellagio Fountains hier op hulle losgebrand het.
Lees ook: Greta Thunberg se boot gekeer op pad na Gasa
Volgens die polisie het die persoon ’n argument met iemand tydens ’n uitsending op sosiale media gehad, wat daartoe gelei het dat die slagoffer doodgeskiet is. Die man het glo ook sewe skote geskiet op ’n vrou wat besig was om na hom te beduie. Sy het ook gesterf.
Die polisie het gesê dit was ’n geïsoleerde voorval en dat die verdagte alleen gewerk het. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.
Bronne: The Independent, Metro, The Sun





