KWAZULU-NATAL. – Twee persone is dood en drie het beserings opgedoen tydens ‘n ongeluk wat kort gelede op die N2 naby Gingindlovu gebeur het.
Kelsey-Jay Meyrick, woordvoerder vir IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue, sê twee voertuie het reg van voor teen mekaar gebots.
Twee persone is oorlede terwyl nog twee insittendes van ernstig tot kritiek is en een persoon geringe beserings opgedoen het.
Meyrick sê IPSS-spanne werk hand aan hand saam met EMRS (Emergency Medical Rescue Services van die gesondheidsdepartement) en Rural Metro Fire Department om persone te behandel en diegene wat vasgekeer is, te bevry.
Hierdie toneel is steeds aan die gang en motoriste word gevra om spoed te verminder, aangesien die pad nie gesluit is nie, maar verkeer is wel geaffekteer.




