Vrou red suster deur krokodil op die snoet te slaan

Lees ook :

Vrou red suster deur krokodil op die snoet te slaan
Vrou red suster deur krokodil op die snoet te slaan fotokrediet: Canva

Lees ook: Harry en Meghan se Archewell Foundation in moeilikheid oor onbetaalde fooie

VK. – ‘n Vrou wat haar tweeling gered het deur ‘n krokodil op die snoet te slaan, het die King’s Gallantry-medalje in Engeland ontvang.

Georgia Laurie (31) en haar suster Melissa was verlede jaar op ‘n vrywilligersvakansie in Puerto Escondidio toe die aanval plaasgevind het. Die susters het in ‘n rivier gaan swem saam met ‘n paar ander mense. Melissa het eerste die krokodil gesien en vir Georgia en die ander mense gewaarsku om uit te klim. Die krokodil het Melissa gegryp net toe Georgia uit die water geklim het.

Georgia is terug in die water in en het Melissa gekry waar sy dryf. Sy kon haar sover kry om te reageer, maar die krokodil het teruggekom en Melissa weer gebyt. Georgia het toe die krokodil op die snoet begin slaan tot dit Melissa gelos het. Dit het hulle nog ‘n keer probeer vang, maar Georgia het dit herhaaldelik geslaan tot dit weggegaan het.

Melissa het diep snye aan haar been, voet en bolyf gehad en Georgia se hande het seergekry.

Bronne: BBC, People, The Independent

Lees ook: Harry en Meghan se Archewell Foundation in moeilikheid oor onbetaalde fooie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief