OOS-KAAP. – Twee verdagtes is onderskeidelik in die arm en been gewond, nadat hulle glo vanoggend omstreeks 09:00 op polisielede van openbare-orde-polisiëring en Vispol geskiet het.
Kol. Priscilla Naidu sê polisielede het ‘n Toyota Fortuner met vyf insittendes gevolg toe hulle op die verbyroete van die Ultra City wat by die Ngcobopad aansluit op polisielede geskiet het. Die polisie het teruggeskiet en twee verdagtes gewond. Twee vuurwapens is gekonfiskeer en die drie ander verdagtes is in hegtenis geneem.
‘n Saak van poging tot moord en die besit van vuurwapens is geopen.





