Twee in hegtenis na hulle sigarette in aartappelsak wegsteek

Lees ook :

POSTMASBURG – Die polisie het Vrydag twee verdagtes in hegtenis geneem toe onwettige sigarette, versteek in ‘n aartappelsak, in hulle besit gevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê lede van die Postmasburg-polisie het op 15 Mei alle paaie na en van dié dorp gesluit in ‘n poging om beperkte beweging te monitor en seker te maak motoriste het die nodige permitte.

Volgens brig. Ramatseba is daar ‘n totaal van 450 motors gestop en deursoek. Verkeersboetes is ook geskryf.

Die twee buitelanders (36), wat onwettige sigarette in ‘n aartappelsak weggesteek het, is in hegtenis geneem op aanklag van oortreding van die wet op rampbestuur.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief