NOORDWES. – Twee insittendes van ‘n enkelmotorvoertuigongeluk is Sondag in Beethovenstraat, Hartbeespoort, beseer.
Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS) sê in ‘n sosialemediaplasing die ambulans, asook brand-en-reddingspan het hulle na die ongelukstoneel gehaas. Twee beseerdes is op die toneel behandel en na ’n hospitaal vervoer.





