Twee lede verloor ANC-lidmaatskap

Lees ook :

Foto: anclive

Die provinsiale dissiplinêre appèlkomitee van die African National Congress (ANC), in die Noord-Kaap, het twee klagtes van kameraad Keosentsemang Kalman en kameraad Horatius Modiakgotla ontvang. Die twee lede was dienende burgemeester en woordvoerder van die Phokwane-munisipaliteit.

Die appèl kom nadat die streeksdissiplinêre komitee bevind het die twee kamerade het die ANC-grondwet oortree. Die lede is skuldig bevind aan ondermyning van die besluite van die ANC-kaukus, saam met die opposisie in die raad en die verdeling van die ANC in die substreek. Die streeksuitvoerende komitee sowel as die provinsiale uitvoerende bestuurskomitee het talle kere probeer om in te gryp in die aangeleentheid, maar die kamerade het voortdurend uitdagend gebly.

Die provinsiale dissiplinêre appèlkomitee (PDAC) het die appèlsake van die twee lede afgehandel en het besluit die appèl word afgewys en die bevindings en sanksies van die streeksdissiplinêre komitee word gehandhaaf. Dit het daartoe gelei dat die lede hulle ANC-lidmaatskap verloor.

Die provinsiale uitvoerende komitee sal in hierdie stadium met die streeks uitvoerende komitee saamwerk.

Die ANC sal so gou moontlik ‘n burgemeester en ‘n woordvoerder aanstel om te verseker die munisipaliteit keer terug na basiese beginsels om te verseker die wyse waarop dienste aan die gemeenskap gelewer word in die Phokwane munisipale area normaliseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief