DURBAN, KZN. – Twee leeuwelpies is Sondag uit ’n tuin in Westville gered. ‘n Huishoudelike werker het aanvanklik gedink dit is honde.
Sy het die leeuwelpies in ’n huis se tuin opgemerk en die DBV en sekuriteitsbeamptes na die toneel ontbied.
Die DBV kon toegang tot die huis in die Glenheath Place-gebied verkry en het die welpies suksesvol verwyder.
Volgens die DBV is die welpies gesond en na ’n plek van veiligheid geneem. Volgens berigte is daar na bewering een persoon in hegtenis geneem en nog een word ondervra.
Die herkoms van die leeus is nog nie bekendgemaak nie.
Bronne: SPCA, IOL, ECR





