Twee mans dood in Maranteng-toring aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Die polisie op Postmasburg het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat ‘n tegnikus (39) en ‘n sekuriteitsbeampte (44) Sondag dood in die Maranteng-toring in Newtown aangetref is .

Volgens lt.kol. Sergio Kock is ‘n derde, onbekende persoon, in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal opgeneem.

Kock sê na bewering het gemeenskapslede die oggend omstreeks 10:00 ‘n alarm van die toring af gehoor en ondersoek ingestel, waarna die drie mans binne-in gevind is. Twee was dood en ‘n derde kritiek. Die polisie is ná die ontdekking in kennis gestel.

Die tegnikus het glo aandag aan ‘n gerapporteerde fout gegee en was deur die sekuriteitswag vergesel.

Nadoodse ondersoeke sal die oorsaak van die mans se sterftes bepaal.

Kock versoek enigiemand met inligting om speur.konst. Freddy Borake by 063 975 9715 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief