Twee mans ernstig beseer

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Twee mans is vroeër vandag ernstig, in ‘n enkelvoertuigongeluk op die M13, rigting Pinetown, naby Hillcrest, beseer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het net voor 12:00 verskeie oproepe vir hulp oor ‘n ernstige ongeluk ontvang. Die bestuurder het op een of ander manier beheer oor die voertuig verloor, waarna dit oor die middelmannetjie is, gerol en in die Pietermaritzburg-baan net voor die Hillcrest-afrit beland het.

Met aankoms op die toneel het ALS Paramedics beide beseerde manlike insittendes op die teer aangetref waar hulle gelê het. Hulle is deur gevorderde leweonsondersteunende paramedici gestabiliseer voordat hulle na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

“Die polisie en metropolisie was teenwoordig en sal die ongeluk verder ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief