Twee mans gesoek wat polisie kan help met ondersoek

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Die gemeenskap word gevra om twee mans te help eien, wat die polisie se teenkorrupsie-eenheid moontlik met ‘n ondersoek kan help.

Sers. Mahlamola Kareli sê die mans kan moontlik met inligting vir die ondersoek van ontvoering, diefstal, aanranding, korrupsie, bedrog en afpersing wat in Heilbron gerapporteer is, van hulp wees. Twee polisielede, verbonde aan die Fezile Dabi-triotaakspan, is reeds deur middel van inhegtenisnemingslasbriewe, in opdrag van die direkteur van openbare vervolging, gearresteer en voor die hof gebring. Sers. Petrus Seeco (41) is op 26 Februarie en sers. Makhetha Mpeka (43) op 28 Februarie gearresteer en het in die hof voorgekom. Die saak teen die beamptes is vir formele borgaansoek tot 7 Maart uitgestel.

Op 11 Januarie, omstreeks 08:20, het vier mans hulleself glo in ‘n winkel op Heilbron as polisielede, geïdentifiseer. Die winkeleienaar is na bewering deursoek en ‘n onbekende bedrag geld is uit sy sak gesteel. Daarna het die vier beskuldigdes glo op sigarette beslag gelê, die winkeleienaar aangerand en 10 km buite Heilbron geneem, waar hy gelos is. Die winkeleienaar se broer is glo ook uit ‘n onbekende bedrag geld, onder die voorwendsel om hom vry te laat, bedrieg.

Twee verdagtes wat geïdentifiseer is, word deur die polisie gesoek.

Eniegiemand wat die individue in die foto’s kan uitken, word gevra om speur. sers. Tebogo Seekoei van die teenkorrupsie-eenheid by 060 981 1458 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief