Twee mans in Mosselbaai doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Twee mans is Woensdagaand omstreeks 21:00 in Umtatasingel, Asla Park, in Mosselbaai doodgeskiet, Kwanonqaba-speurders ondersoek die sterftes.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits volgens voorlopige inligting het die polisie op skote in ‘n oop veld gereageer en met hul aankoms die twee mans met veelvuldige skietwonde aan hulle liggame aangetref. Die slagoffers is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die motief vir die skietvoorval is die onderwerp van ’n verdere polisieondersoek.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief