Brekende Nuus
Afrikaans

Twee mans in Osindisweni, KZN, doodgeskiet

Twee mans doodgeskiet in Osindisweni, KZN

fotokrediet: Facebook
Twee mans doodgeskiet in Osindisweni, KZN fotokrediet: Facebook

Lees ook: Verdagte in hegtenis vir beweerde verkoop van matriekuitslae

OSINDISWENI, KZN. – Twee mans is gistermiddag in Oakfordweg in Osindisweni doodgeskiet.

Reaksie-eenheid SA (Rusa) is na die toneel waar ’n wit Renault Triber aan die kant van die pad gestaan het met die enjin nog aan die luier. Die bestuurder se liggaam was in die voertuig. Die liggaam van die tweede man is in die gras langs die pad gevind.

Albei mans is geskiet. Inwoners in die gebied het die skote gehoor, maar kon nie verdere inligting gee nie. ’n 9 mm-koeël is in die voertuig gevind.

Bronne: Facebook

Lees ook: Verdagte in hegtenis vir beweerde verkoop van matriekuitslae