Twee mans kry dubbele lewenslange tronkstraf vir plaasmoord naby Glen

Lees ook :

Foto: Ian Cameron

VRYSTAAT. – Mohau William Lebeko (39) en Motlalentoa Lucas Wolf (27) is straf deur die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Christo Morrison (76) en sy vrou Christa (73), op hulle plaas naby Glen. Die egpaar is dood op hulle plaas aangetref, Christo in die boorgat en Christa in die septiese tenk.

Op die betrokke aand was Christo Morrison glo eers aan ‘n vurkhyser vasgemaak en gemartel en gesteek, toe mee rondgery en daarna in die boorgat gegooi.

Op die plaas was die huis se deure oop. Die vloere was bebloed en die huis was geplunder, maar die egpaar was nie in die huis nie. ‘n Mannejag na die egpaar en die verdagtes is dadelik deur die nag geloods. Die man se liggaam is ongeveer 300 meter van die huis af aangetref en sy vrou se liggaam in die septiese tenk. Hulle het oop wonde aan hulle bolywe gehad en is op die toneel dood verklaar.

Sers. Mahlomola Kareli sê nadat die egpaar dood gekry is, is die beskuldigdes by ‘n gastehuis in Bloemhof opgespoor. Die twee was daar besig om te drink en is gevind met selfone wat aan die Morissons behoort het.

Die twee mans is op 9 Desember skuldig bevind en vandag (Woensdag, 10 Desember) gevonnis ná ’n deeglike ondersoek deur sers. Jan Greef van moord en roof, met ondersteuning van die plaaslike kriminele rekordsentrum en die NVG se Tag-span.

Regter Gusha het tydens vonnisoplegging geen doekies omgedraai nie. Hy het die beskuldigdes se gebrek aan berou uitgelig en gesê hulle gedrag toon dat hulle nie ontvanklik is vir rehabilitasie nie. Hy het bygevoeg dat die hof wel geregtigheid wil laat geskied, al kan die vonnis nie die verlies vir die Morrison-familie ongedaan maak nie. Die regter het ook die groter probleem van geweld teen bejaardes in Suid-Afrika beklemtoon.

Die twee is skuldig bevind aan onder meer:

  • Gewapende roof van ’n motorvoertuig
  • Twee aanklagte van moord
  • Verskeie oortredings van die Wet op Kubermisdaad
  • Geldwassery

Die hof het die volgende vonnisse opgelê:

  • 15 jaar vir gewapende roof
  • lewenslange tronkstraf vir elk van die twee moordaanklagte
  • 15 jaar vir die kubermisdaad-aanklagte
  • 5 jaar vir geldwassery

Lt.genl. Baile Moswenyane, die provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan en die NVG geloof vir hul samewerking. Sy het gesê die vonnis stuur ’n sterk boodskap dat geweld teen kwesbare gemeenskappe nie ongestraf sal bly nie, en dat die Morrison-familie hopelik nou ’n mate van afsluiting kan vind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief