Twee mans vas ná ‘huisroof en aanranding’ op plaas

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Twee mans, 21 en 46 jaar oud, is in Nababeep in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik ’n huisroof op ‘n plaas in die Concordia-gebied gepleeg en ’n man ernstig beseer het.

Luidens ‘n verklaring van brig. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het die klaer op 28 Oktober omstreeks 23:00 saam met die twee verdagte mans gekuier. In die vroeë oggendure van 29 Oktober het een van die verdagtes glo die klaer wakker gemaak en dagga geëis. Die twee verdagtes het die klaer daarna in sy kamer toegesluit, aangerand en toiletware asook ander items gesteel voordat hulle die huis verlaat het.

Nababeep-polisiemanne het vinnig opgetree en die verdagtes teen 10:00 die oggend op ’n nabygeleë plaas in hegtenis geneem. Hulle is van huisroof en aanranding met die opset om ernstige liggaamlike skade te veroorsaak, aangekla. Hulle sal binnekort in die Springbok-landdroshof voorkom.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief