Lees ook: Een verdagte in hegtenis vir Lusikisiki-skietery
Twee mense is dood en twee gewond na drie gewapende verdagtes gister by ’n huis in Motherwell ingestorm het en op die inwoners begin skiet het.
Die verdagtes het by die kombuisdeur van die huis ingestorm en op die mense geskiet wat besig was om televisie te kyk. ’n Vrou is op die toneel dood en ‘n tweede persoon by aankoms by die hospitaal. Die ander twee slagoffers, ’n man en vrou, word in ‘n hospitaal behandel.
Die motief vir die skietery is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPD





