ARIZONA, VSA. – Twee persone is dood na twee klein vliegtuie gister in die lug naby die Marana-streekslughawe in Arizona gebots het.
Lees ook: Vliegtuigongeluk in Alaska eis 10
‘n Cessna 172S en Lancair 360 MK II het in die lug gebots naby een van die aanloopbane by die lughawe. Die Cessna kon land, maar die Lancair het uit die lug geval en naby die aanloopbaan aan die brand geslaan.
In elke vliegtuig was twee persone, maar die vlieëniers is nie beseer nie.
Die NTSB en Federale Lugvaartadministrasie gaan die voorval ondersoek.
Bronne: CNN, USA Today, New York Times
Lees ook: Vliegtuigongeluk in Alaska eis 10





