Twee ontbinde liggame in hysbakskag in Tshwane-middestad gevind

Lees ook :

Twee ontbinde liggame gevind in hysbakskag in Tshwane-middestad. Foto's: Tshwane Emergency Services

TSHWANE, GAUTENG. – ‘n Noodoproep wat aanvanklik vir ’n brand en toe ’n beseerde man gemaak is, het Dinsdagoggend tot die ontdekking van twee ontbinde liggame in die GPG-gebou in Tshwane se middestad gelei.

Die Tshwane-nooddienste is om 04:30 na ’n brandtoneel by die GPG-gebou in Bosman- en Pretoriusstraat ontbied. Met hulle aankoms het hulle besef daar is in werklikheid nie ’n brand nie, maar ’n persoon wat deur ’n hysbakskag na die kelder geval het.

Polisielede moes ’n opening deur die kelder se motorhuisdeur maak om toegang tot die slagoffer te kry. Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, is die man gered en na ’n hospitaal vervoer.

Hule het met verdere ondersoek twee ontbinde liggame gevind wat onder in die skag in water dryf.

Die oorsaak van hulle dood, asook die omstandighede wat tot die besering gelei het, word deur die SAPD ondersoek.

Bronne: ECR, Briefly, The Citizen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief